1070 hektaar bees/wildplaas is sorgvuldig beheer – is jy die volgende eienaar?
Oct 01, 2024 6:00 pm
Is dit die plaas waarna jy op soek was om jou beesboerdery te laat groei?
👇YOUTUBE VIDEO KLIK HIER 👇
Die plaas het 19 goed-versorgde kampe met pragtige maroelabome wat soos bakens van Afrika in die veld staan.
Dit is omhein met wildheining wat in goeie toestand is, en die paaie op die plaas is netjies geskraap.
Die grond het ‘n diamantvorm en is maklik bereikbaar via Ellisras—ongeveer 50 km, waarvan 35 km grondpad is.
Die plaas se buurmanne is permanente inwoners wat hulself besig hou met veeboerdery en safari-jag bedrywe.
Dit is ‘n rustige en veilige omgewing, ver genoeg van enige ongewenste elemente.
Daar is ‘n huis met drie slaapkamers, elkeen met ‘n en suite badkamer.
Ook ‘n gaste-rondavel met twee slaapkamers, een badkamer en ‘n klein kombuisie.
Die grasdak-lapa is ideaal vir gesellige braaie, en dit het geriewe vir ontbytmaak.
Wil jy meer sien?
My persoonlike verbintenis met die plaas maak dit vir my spesiaal.
Die windpomp, die beeste, die waterpunt—dit herinner my aan my kinderjare toe ek tussen beeste grootgeword het.
Die plaas bied ook:
- 3 wildkampe (2 x 30 hektaar, 1 x 2 hektaar)
- 4 boorgate
- Ten volle wild omhein.
- Geen grond-eise bekend.
- Eskom elektrisiteit, 3-fase.
Gemiddelde jaarlikse reënval is sowat 420 mm, maar soos almal weet, was 2024 ‘n droë jaar! Tog is die weiveld op die plaas steeds in 'n uitstekende toestand. Die verkoper is onseker oor die wildgetalle, maar daar is ‘n paar koedoes en vlaktewild.
**Prys:** R8,5 miljoen + BTW + Transport
Kan die prys onderhandel word? Elke verkoper probeer die meeste vir sy eiendom kry, maar die finale prys word dikwels deur die motivering om te verkoop bepaal. Kom kyk gerus self en besluit.
Ek was onlangs, op 12 September 2024, op die plaas.
Stel jou voor: Desember of Januarie in volle reënseisoen—elke maroelaboom groen, die gras weelderig—dit is 'n ware paradys.
Die natuurskoon en die uitstekende veldbestuur het 'n groot indruk op my gemaak.
Alhoewel die foto's en video's nie die groen reënseisoen weerspieël nie (dit begin eers teen 28 Oktober), is die potensiaal duidelik sigbaar.
Daar is ook 'n waterpan van omtrent 'n halwe hektaar wat in die somer 'n trekpleister vir watervoëls word.
Die plaas word tans deur 'n Bonsmara-kudde van 105 beeste benut—pragtige diere, hoewel hulle nie ingesluit is in die verkoop nie.
Die veld is goed bestuur, sonder enige teken van oorbenutting.
Het jy al gewonder oor die waarde van plase in die omgewing?
Gedurende die afgelope 20 jaar was daar 15 verkope binne ‘n radius van 20 km, met plaasgroottes van 394 tot 2400 en 'n gemiddelde prys van R6,1 miljoen oor die hele tydperk. Hou inflasie in gedagte met bepaling van waarde en uitgawes.
Ek is beïndruk met die toestand van die veld, veral in hierdie droë tyd van die jaar.
Dit is duidelik dat die veld met kundigheid bestuur word.
As jy meer inligting of foto's? Druk hier (nuwe venster gaan oop).
Groete,
Grové Erasmus
www.youtube.com/gerasmus/videos
Keller Williams Explore
WhatsApp: +27-78-463-2553