1070 Hektaar Beesplaas Steenbokpan
Dec 04, 2024 3:25 pm
1070 Hektaar grootvee plaas naby Steenbokpan TE KOOP.
Prys R8,5 miljoen
PRYS: R8,5 miljoen
19 goed-versorgde kampe met pragtige maroelabome.
Wild heining wat in goeie toestand is, en die paaie is netjies geskraap.
Diamantvorm en is maklik bereikbaar via Ellisras—ongeveer 50 km, waarvan 35 km grondpad is.
Buurmanne is permanente inwoners, veeboerdery en safari-jag bedrywe.
Dit is ‘n rustige en veilige omgewing, ver genoeg van enige ongewenste elemente.
1x Huis met drie slaapkamers, twee badkamers.
1x Gaste-rondavel met twee slaapkamers, een badkamer en ‘n klein kombuisie.
1x Rietdak lapa met ontbytmaak geriewe.
Wil jy meer sien?
- 3 wildkampe (2 x 30 hektaar, 1 x 2 hektaar)
- 4 boorgate
- Ten volle wild omhein.
- Geen grond-eise bekend.
Eskom elektrisiteit, 3-fase.
Kliek HIER om my 'n boodskap te stuur, of meer info.
Gemiddelde jaarlikse reënval is sowat 420 mm, 2024 ‘n droë jaar!
Weiveld op die plaas steeds in 'n uitstekende toestand met my besoek (09/2024) .
Die verkoper is onseker oor die wildgetalle, maar daar is ‘n paar koedoes en vlaktewild.
BTW betaalbaar waar van toepassing.
Kan die prys onderhandel word?
Elke verkoper probeer die meeste vir sy eiendom kry, maar die finale prys word dikwels deur die motivering om te verkoop bepaal.
Maak 'n afspraak, en besluit.
Die plaas word tans deur 'n Bonsmara-kudde van 105 beeste benut—pragtige diere, hoewel hulle nie ingesluit is in die verkoop nie.
Die veld is goed bestuur, sonder oorbenutting.
Het jy al gewonder oor die waarde van plase in die omgewing?
Gedurende die afgelope 20 jaar was daar 15 verkope binne ‘n radius van 20 km, met plaasgroottes van 394 tot 2400 hektaar.
Meer inligting of foto's? Druk hier (nuwe venster gaan oop).
Groete,
Grové Erasmus
www.youtube.com/gerasmus/videos
Keller Williams Explore
WhatsApp: +27-78-463-2553
FFC: 202401073766793